(For English click here)

 

Die Vatelot-Rampal Projek

Sou u graag ‘n onbetwisbare sertifikaat en geskrewe waardasie vir u instrument wou bekom, uitgereik deur een van die węreld se heel voorste kenners?

Soek u regte beskerming in ‘n genadelose vioolmark teen die uitbuiting deur eiesinnige “kundiges” en afslaers, met vertroue in die wete dat u instrument se ware herkoms en waarde skriftelik verseker is?

In ‘n besondere geleentheid aan ons violiste en ander strykers beplan ‘n top Franse span van die węreld se voorste vioolkenners om Suid-Afrika in Januarie 2018 te besoek. Jean-Jacques Rampal is die Direkteur van die Parys-gebaseerde Maison Valelot Rampal en saam met sy kollega, Jean-François Raffin – wie waarskynlik die węreld se voorste strykstokdeskundige is – sal hy ‘n span van vyf van Frankryk se voorste kenners na verskeie sentrums in die land lei.

Dit word regdeur die vioolwęreld aanvaar dat sertifiserings deur Mnr Rampal en Mnr Raffin so te sę koeëlvas en buite geskil is. Mnr Rampal is een van die węreld se hoogste kenners van die vioolfamilie en kwalifiseer om die mees waardevolle instrumente te sertifiseer. Insgelyks word Jean-François Raffin internasionaal beskou as die voorste deskundige op strykstokke – sy sertifiserings en waardasies is onweerlegbaar.

Hierdie twee kenners sal deur Jonathan Marolle, Yannick Lecanu en Sylvain Bigot bygestaan word. Marolle is die meestervakman in die Vatelot-Rampal ateljee in Parys en onderneem die meerderheid van die assesserings vir die gereëlde internasionale vioolveilings in Vichy. Yannick Lecanu en Sylvain Bigot is vooraanstaande Franse viool- en strykstokkundiges en beide is deur die Hoëgeregshowe in respektiewelik Douai en Lyon aangewys as vakkundige staatsgetuies.

Diegene wat van hierdie geleentheid gebruik sou maak sal van ‘n billike en akkurate assessering verseker word wat teen enige ondersoek staande sal bly.

In hierdie projek het Mr Rampal en sy kollegas verseker dat geen poging gemaak sal word om instrumente uit Suid-Afrika te verwyder nie.

Koste:

Die koste vir ‘n geskewe waardebepaling sal 3% van die waarde van die instrument wees. In die geval van ‘n geskrewe sertifikaat van oorsprong of van egtheid sal die koste 5% van die waarde van die item wees, maar dan sal die sertifisering ook ‘n gratis waardasie insluit. Vir meer basiese instrumente sal ‘n eenmalige vaste koste van toepassing wees, in hierdie geval €100, ongeag die oorsprong of gehalte van die instrument.

Kontak:

Enigiemand wat graag vir Mnr Rampal of Mnr Raffin of ‘n ander lid van hierdie span wil ontmoet tydens hulle besoek vroeg volgende jaar met die doel om dokumentasie vir hulle instrumente en strykstokke te bekom, word uitgenooi om die nodige spasies hieronder in te vul.

Vir die volle persvrystelling, klik hier.

Naam

E-pos

Telefoon

Stad

Instrument

Inligting oor Instrument



p o box 14    ballito    4420 kzn    south africa            mobile : +27 (0) 78 0148000             email: info@violins.co.za